Die lang pad tot op Everest: Die storie van Saray Khumalo

TROTS SUID-AFRIKAANS

Die lang pad tot op Everest: Die storie van Saray Khumalo

Dit het vier pogings en baie bloedsweet en trane gekos voordat Saray Khumalo (48) om 05:15 op 16 Mei haar Suid-Afrikaanse vlag op die wêreld se hoogste piek, Everest, kon lig. ERIKA GIBSON, ’n vriendin en oefenmaat van Khumalo, vertel die storie agter haar storie.

HAAR naam sal vir ewig in die geskiedenisboeke opgeteken wees as die eerste swart vrou van Afrika en Suid-Afrika wat op Everest se piek staan. Maar om by die oorweldigende triomf uit te kom, moet die storie eers teruggaan na 2014, met Saray Khumalo se eerste poging.

Toe was sy met ’n rugsak vol drome en ambisie, maar relatief min ervaring by Everest se basiskamp. Alles het goed gegaan, totdat ’n reuse-ysrots bokant die kamp afgebreek en ’n sneeustorting veroorsaak het. Groot gedeeltes van die kamp en tente is verwoes, en van die klimmers en sjerpas is dood.

Dit was haar eerste belewenis van die meedoënlose wispelturigheid van berge bo 8,000 meter, soos wanneer die natuur besluit het genoeg is genoeg. Helikopters het dae lank die dooies kom oppik. Onder hulle was nuwe vriende en kennisse. Dit was die einde van poging een...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.