Geld is koning in die kunswêreld

KUNS VIR JOU SEILJAG-MUUR

Geld is koning in die kunswêreld

Geen museum in die wêreld kan die soort pryse bekostig wat kuns deesdae op veilings behaal nie. Wanneer groot geld die mark oorneem, bly vakkennis in die slag? MELVYN MINNAAR maak alarm.

IN Maart vanjaar het die Londense kunsveilingafslaer Christie’s ’n skildery van die 81-jarige Britse kunstenaar David Hockney vir  £37,661,250 (amper R707 miljoen) aan ’n bieër afgestaan.

Dis een van Hockney se beroemde werke. Henry Geldzahler and Christopher Scott is in 1969 van twee van sy vriende geskilder. Dis ’n groot skildery – meer as twee by drie meter – en een van ’n reeks dubbelportrette van bekende kunsmense wat Hockney se roem in daardie jare gevestig het. Nog een uit die reeks, Mr and Mrs Clark and Percy, is prominent in die Tate-versameling in Londen.

Die koper is nie bekend nie, maar waarskynlik een van daardie nuwe geslag superrykes vir wie R700 miljoen vir ’n skildery bloot aanvulling van sy ryk- en eiendom is. Dit sal waarskynlik in een van talle van sy of haar wonings hang. Of teen die seiljag-muur...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.