Kolonialisme: nee, Helen, dit stink!

SKANDGESKIEDENIS

Kolonialisme: nee, Helen, dit stink!

Die skurke in twee nuwe boeke gaan oral eenders te werk: val in, hys jou vlag, verklaar ’n gebied tot jou eiendom en die inwoners tot jou onderdane. DEBORAH STEINMAIR lees Ek is Hendrik Witbooi deur Conny Braam wat later vanjaar in Afrikaans verskyn, en Zakes Mda se The Zulus of New York, en wonder hoe ons kolonialisme ooit gaan wegleef.

DAAR is soveel vermaaklike spookasem wat op Facebook gedeel word, soos dié whatsapp van ’n halfgeletterde Amerikaanse bakvissie: “I love the smell of his colon.” En met ’n Freudiaanse sprongetjie van die sinapse beland ek by ... kolonialisme. Ek het Otta Helena Maree, beter bekend as Helen Zille, se berugte twiet oor die gawe kant van kolonialisme soms in my kop rondgedraai en skreefoog probeer verskoon, maar toe lees ek Ek is Hendrik Witbooi deur die Nederlander Conny Braam. Dis deur Zandra Bezuidenhout in soepel Afrikaans vertaal en is later vanjaar by Protea Boekhuis beskikbaar.

In my lukrake lesery tree daar dikwels temas na vore; eenderse boeke spring op dieselfde tydstip na my hand: Gister lees ek Zakes Mda se The Zulus of New York (Umuzi, 2019). Al twee boeke speel in die laat 1800’s af, glad nie so lank gelede nie. Albei boeke laat die bloed kook en laat afgryse stol soos koue vla met ’n rimpelvelletjie.

Elke storie sal die jagter verheerlik totdat die leeu leer om te skryf – so lui die spreekwoord...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.