Pa-wees is bloedsweet

VADERSDAG

Pa-wees is bloedsweet

FRED PHEIFFER wou toe hy self kinders het, sy pa sy liefde en sorgsaamheid nadoen. Maar toe moes hy een aand met sy volgepropte Golfie die gesinshuis verlaat. Hy skryf oor sy worsteling met vaderskap, en wat hy daaruit geleer het.

  • 14 Junie 2019
  • Mense & Kultuur
  • 8 min om te lees
  • artikel 17 van 25
  • Fred Pheiffer

IN ons gesin vier ons nie eintlik meer Vadersdag nie. Dit was nie altyd só nie. Toe ek en my boet klein was, het Ma, wat geglo het mens doen ’n ding ordentlik, ons laat kaartjies maak, net soos in die kunsklas, want sy was op stuk van sake kunsjuffrou. Ons sou boonop met ons sakgeld ietsie gaan koop, en Ma sou gewoonlik ’n bietjie bysit. Sakdoeke en naskeermiddel was gunstelinge. Amper soos ’n ekstra verjaarsdag.

Maar soos ons ons onskuld verloor het, het ons geesdrif vir dié geleentheid ook getaan, veral toe Pa “Julle hoef regtig nie meer nie” begin sê het. Dit raak toe ’n jy-weet-ek-weet-jy-weet soort situasie. Ons het nog ’n rukkie daarmee aangehou omdat die kalender so gesê het. Pa het bly gelyk en die aandenkinkie in sy sokkielaai gebêre, waar dit weldra vergete geraak het.

Die besef dat Vadersdag ’n volslae gekommersialiseerde geleentheid geword het, en dat die najaag daarvan tot ’n vervlakking gelei het van dit waaroor dit eintlik gaan – die verhouding met jou pa – was die finale ontnugtering. Daarom dat ek met my eie kinders van die begin af min belangstelling in Vadersdag getoon het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.