Regte flirtasie is dood. Nou’s dit ’n kitsmark van likes,...

SOSIALEMEDIA-MOERAS

Regte flirtasie is dood. Nou’s dit ’n kitsmark van likes, DM’s, lols, gly links en gly regs

Geen man is ’n eiland nie, maar is sosiale media die antwoord? GIELIE HOFFMANN begeef hom in dié moeras en besef hy het ook ’n sê as hy verpletter word.

  • 21 Junie 2019
  • Mense & Kultuur
  • 7 min om te lees
  • artikel 21 van 26
  • Gielie Hoffmann

EK word wakker met ’n DM op Instagram. ’n Boodskap net vir my om te lees. “Dude, ek gee nou op, ek het genoeg geflirt met geen antwoord.” Ek is verstom.  Ek ken die persoon glad nie.  Ja, dalk op sosiale media, maar ons het nog nooit gesels nie.  En nou word ek beskuldig daarvan dat ek sy toenadering weier.  En dis winter. 

Kom ek vat ’n stappie terug. As tiener in die laat 90’s in voorstedelike Centurion was dit byna onmoontlik om te flirt met tienerdogters. Die meisies van my grootwordjare was vasgevang in ’n opwaartse spiraal van Jenni Button-aspirasies, wat-sou-Jesus-gedoen-het-neurose en hersaamgestelde gesinne waar die pa’s meestal skurke was. 

Hulle was daarmee saam ook bemagtig, aantreklik, ambisieus en waar hulle wel in die rigting van ’n seun sou kyk, was hy ouer, wilder en reeds aangewese op sy eie vervoer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.