Tohira Kereke, blommeverkoper van Konstansie

BLOMMEKIND

Tohira Kereke, blommeverkoper van Konstansie

Dis al amper 53 jaar dat Tohira Kereke blomme by die Silwood Spar-winkelsentrum in Rondebosch verkoop. Swaardlelies, leeubekkies, rose, agapante, Barbertonse madeliefies, gousblomme, pronkertjies, freesias – en ysland-papawers, haar geliefkoosde blom. Op ’n Saterdagoggend kry MADELEINE BARNARD haar sit op ’n omgekeerde blomme-emmer vir ʼn geselsie.

DIT vat my ’n paar dae om vir Tohira Kereke op te spoor. “Sy sit by die Silwood Spar,” sê iemand, “al meer as 50 jaar lank.” Ek bel die Silwood Spar, op Eid. Sy is vanselfsprekend nie by die werk nie. Ek bel weer die volgende dag en vra vir die blommevrou. “Ja, sy is vandag hier.”

Op pad Silwood Spar toe draai ek by die verkeerde straat af en dool deur Rondebosch se strate vir ’n goeie halfuur voor ek uiteindelik die plek opspoor. Daar aangeland, is Tohira nie daar nie, maar wel haar dogter Nazreen. Haar ma werk nou net op Saterdagoggende, vertel sy.

Ek kry ’n telefoonnommer vir Tohira en maak ’n afspraak vir vroeg daardie Saterdag. Saterdagoggend trek die Kaapse hemele oop met ’n droewige winterreën. Ek ry steeds in die hoop dat sy sal opdaag, so koes-koes agter my ruitveërs verby. Ek wag vir haar in ’n koffiewinkel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.