Waarom mense oor Smit Motors praat, en lusmakers en lokprente

RANDVIS

Waarom mense oor Smit Motors praat, en lusmakers en lokprente

’n Klein rolverdeling van onvergeetlike karakters bewoon Réney Warrington se rolprentagtige boek oor outsiderskap, maar DEBORAH STEINMAIR sê jy moenie wag vir die movie nie.

RÉNEY WARRINGTON se tweede boek is oneindig kinematografies. Dit bly in jou kop draai soos ’n outydse projektor. Sy is onder meer ’n fliekresensent en regdeur die roman flonker terloopse verwysings na klassieke rolprente soos Psycho en Daar doer in die Bosveld. Dit lees soos ’n feelgood-kunsfliek met ’n donker onderbuik: Dink aan Bagdad Cafe, Fried Green Tomatoes, Antonia’s Line, Emilie, Paljas, Die wonderwerker, Roepman. Maar moenie wag vir die movie nie, lees dit. Dit gaan eerstens en laastens oor outsiderskap, oor randfigure. Dis ’n tema wat nooit moeg word nie, want wie voel op stuk van sake heeltemal tuis op aarde?

Beswaar: Waarom verklap uitgewers soveel inligting op die agterplat? Die leser maak die hoofkarakter, Petra Smit, se vertwyfeling mee ná haar oupa se dood: Hoe gemaak met die werkwinkel wat sy onverwags erf? Die leser ervaar hoe die plattelandse dorpie haar wegstoot, voel haar begeerte om onmiddellik die plek te verkoop en terug te gaan stad toe na die warm arms van haar girlfriend. Maar ons weet reeds sy gaan dit nie doen nie; ons het mos op die agterblad gelees van die tyd wat sy hier gaan vertoef en die vriende wat sy hier gaan maak.

Dieselfde geld in die bioskoop. Die sogenaamde lokprente is heeltemal te lank; hulle woertswarts deur die ganse storielyn sodat dit later voel asof jy die hele fliek in vinnige aksie gesien het. Terwyl ek nou in die flieks is: Ek het Rocketman (oor Elton John) gesien en die spel en musiek was voortreflik, maar ek háát daardie skaammakende moment wanneer ’n akteur ’n veraf uitdrukking op sy gesig kry soos ’n baba wat in sy doek poef en dan in sang uitbreek. En skielik begin die hele skare gesinchroniseerd dans. Vlugvoetige paartjies dwarrel veelkleurige sambrele en swaai om lamppale. Sing en dans asseblief net in regte sing- en danssituasies, soos shows en oudisies...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.