Dié Plumbing Lady haal die spanner uit die works

'N VROU SE PLEK IS IN DIE PLAFON

Dié Plumbing Lady haal die spanner uit die works

Skaars groter as haar bobbejaansleutel, maar sy skrik vir g’n verstopte pyp of gebarste geiser nie. Ronelle Pagel, ’n gelisensieerde loodgieter en die stigter van The Plumbing Lady in Pretoria, wag nie totdat dinge beter word nie. Sy ruk dit sommer self reg. MICHÈLE MEYER het gaan uitvind hoe sy van sukkel na sukses gevorder het.

MET haar jongste byna uit die hande, begin Ronelle Pagel in 2008 kriewel om meer te doen as om haar huis sonder hulp skitterblink te hou. ’n Ekstra inkomste sou ook nie te versmaai wees nie.

Haar man, Chris, se raad was prakties. “Op jou ouderdom mag jy nie iets doen wat jou nie opgewonde maak nie. Waarvan hóú jy?” Ronelle is versot op diere. “Ek wonder toe of ek by veeartse kan gaan aanklop om werkies te verrig waarvoor niemand kans sien nie, poefies opvee of so iets.”

Gelukkig dat daar juis toe loodgieters in die Pagel-woning moes kom werk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.