Menssku Meyer se stillewes van verlange

'N REIS NA BINNE

Menssku Meyer se stillewes van verlange

Die landskapskilder Walter Meyer is in 2017 tuis in Upington met ’n broodmes doodgesteek, waarna sy vrou vir sy moord in hegtenis geneem is. HENK SERFONTEIN skuif die eendimensionele verhaal van ’n tragiese einde opsy en nooi jou na die tuin waar die kunstenaar blomme vir sy stillewes gepluk het.

DAAR is 'n foto van 'n huis met 'n trapgewel en 'n oorgroeide tuin met outydse rose, varkore, wilde ranonkels en sonneblomme wat ons nog nooit in die pers gesien het nie. Dis 'n foto van 'n huis en tuin wat sentraal staan in die oeuvre van een van ons belangrikste kontemporêre skilders, Walter Meyer.

Die enigste foto waarop die visuele narratief in die pers tydens Meyer se dood gefokus het, was die sensasionele vierkantige moordhuis. 'n Huis sonder 'n tuin met net 'n verwaarloosde hekkie wat mens byna kan hoor skree. Oor en oor moes ons na daardie foto kyk wat die eendimensionele verhaal van 'n tragiese einde vertel.

Kort ná Meyer se dood het sy dogter Sonja die foto van haar kunstenaar-pa se tuin by sy eerste Upington-huis op Instagram geplaas en hierby geskryf: “He drank so much that it tore away his happy life but he never lost his inner music – sy amazing nederigheid, sy sin vir humor, generosity en simple liefde vir mense en rose."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.