Die beste R5 wat jy in Kimberley kan uitgee

STAD VAN DIE GROOT GAT

Die beste R5 wat jy in Kimberley kan uitgee

Kimberley het nie net 'n katedraal nie, maar ook een van slegs drie nasionale kunsmuseums in die land. ERLA RABE gesels met museumdirekteur Ernestine White wat 'n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van die William Humphreys-kunsgalery skryf.

EEN van Suid-Afrika se drie nasionale kunsmuseums sit onverwags in die Stad van die Groot Gat. Wat teen sy mure hang, is nog meer onverwags.

Landskappe deur Edward Roworth en Gladys Mgudlandlu hang langs mekaar, gevolg deur kunswerke van Walter Battiss, Gerard Bhengu, George Pemba, Irma Stern, Gerard Sekoto en sommer drie Peter Clarkes in ’n ry (’n waterverfskildery, litografie- en linosneewerk). Dan kom Cecil Skotnes se “Assassination of Shaka"– 12 van die 43 houtsneewerke in die reeks – met Helen Sebidi, William Kentridge, Durant Sihlali en Pippa Skotnes wat hom geselskap te hou.

Die Nelson Atkins-kunsmuseum in Kansas City het my laas so verstom en verras. Maar ons is nie meer in Kansas nie. Ons is in Kimberley...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.