Die Labia: Beste retro-fliekervaring in die Kaap

FLIEK IN DIE TYD VAN DIE INTERNET

Die Labia: Beste retro-fliekervaring in die Kaap

Fliek het ’n duur storie geword. En die internet maak dit vir mense maklik en goedkoop om flieks by die huis te kyk. As jy egter lus is vir ’n lekker, bekostigbare retro-fliekervaring, is daar altyd die Labia-teater in Kaapstad. Hierdie grande dame het in Mei haar 70ste verjaardag gevier. MADELEINE BARNARD het gaan inloer.

DAAR is min dinge wat ’n lekker gevoel in mens kan wakker maak soos die reuk van springmielies en die opwinding van ’n groep mense wat wag om in ’n rolprentteater in te stap. Dit neem ’n mens terug na die dae toe “ons gaan fliek” ’n groot gebeurtenis was. Saam met pelle. Of jou familie. Of – die lekkerste van alles – ’n nuwe ou of meisie. Met ’n spul vlinders in die maag as deel van die pakket.

Die wêreld van vermaak het die afgelope klompie jare saam met die konstante verbetering in tegnologie aanhou verander. Die meeste mense bly deesdae eerder tuis en stroom iets van Netflix af. Die groot fliekteaters se pryse is deesdae ook buite baie mense se bereik – as jy eers jou kaartjie en eet- en drinkgoed in die hand het, is jy reeds besig om volgende week se begroting te herrangskik.

In Kaapstad is daar egter nog ’n plek waar ’n mens teen ’n bekostigbare prys die magiese fliekervaring van jou kinderdae kan herleef. Die Labia-teater het in Mei vanjaar haar 70ste verjaardag gevier. Hierdie grande dame van die Kaapse stadskom se vermaaklikheidsaanbod slaag steeds daarin om jou dadelik terug te neem na die dae toe fliek ’n regte, egte uitstappie was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.