Hoe om die hart van witheid los te koop

WIT SKULD EN SWART IVOOR

Hoe om die hart van witheid los te koop

Nadat In my vel deur Azille Coetzee haar dwing om opnuut oor bevoorregting en identiteit na te dink, pluk Botlhale Tema se onverwags sagmoedige Land of my Ancestors die mat onder haar weg, skryf DEBORAH STEINMAIR

WAARHEEN met ons wit skuld? Is dit selfbehep om aan te hou sanik oor hoe skuldig ons voel? Verwag ons almiskie van die slagoffers om ons te help om met onsself saam te leef? Moet ons almal eerder stilbly en, soos Antjie Krog eens aan die hand gedoen het, eenvoudig in die townships gaan toilette skrop?

’n Boek wat die bogenoemde vrae stel en die leser dwing om na te dink oor bevoorregting en identiteit is In my vel deur Azille Coetzee, wat pas by Tafelberg verskyn het. Die skrywer, ’n filosoof, stoei met gewigtige kwessies en net soms is daar ’n ligter aanslag, soos wanneer haar geliefde droogweg opmerk: “Daar gaan altyd arm mense en ryk mense wees. Jy oorskat jou invloed en posisie in die wêreld as jy dink dis als jou skuld.”

Coetzee het in haar 20's ’n Ph.D. aan die Vrije Universiteit in Amsterdam behaal. In Suid-Afrika het sy swaar gedra aan haar wit vel; “omdat dit belaai is met die status van onderdrukker, met historiese wreedheid, met dominansie en steeds met verskriklike bevoorregting ...” ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.