Haal uit jou vulpen en skryf vir my ’n brief

HIER IS MY ADRES

Haal uit jou vulpen en skryf vir my ’n brief

Wanneer laas het jy 'n regte brief in jou posbus sien lê? Wat met die hand geskryf is met 'n vulpen wat in 'n inkpot gedompel is ná elke paar woorde, op 'n lieflike vel papier wat netjies opgevou is en in 'n koevert gebêre is? MARITA VAN DER VYVER vertel van die Festival de la Correspondance wat elke Julie in die suide van Frankryk plaasvind.

VIR baie van ons het enige handgeskrewe brief 'n nostalgiese ervaring uit toeka se dae geword, soos om van 'n tiekieboks af te bel, of 'n potlood in 'n musiekkasset te druk om die uitgerekte spoel weer styf te draai. Vir ons kinders is handgeskrewe briewe met posseëls amper so 'n rare verskynsel soos Harry Potter en sy towenaar-trawante se briewe wat deur uile afgelewer word. Iets wat hulle in boeke teëgekom het – dié wat nog lees – eerder as in lewende lywe.

Dís waarom die Festival de la Correspondance wat elke Julie op die skilderagtige dorpie Grignan in die suide van Frankryk gehou word, sekerlik die beste ding is wat met briewe gebeur het sedert iemand daaraan gedink het om 'n strokie gom op 'n koevert aan te bring.

In die somer is die platteland van Provence 'n fees van feeste – elke stad en selfs die kleinste dorpie hou 'n festival of 'n fête om toeriste te lok en inwoners te vermaak. Die enigste manier om een dorp se feestelikhede tussen al die ander te laat uitstaan, is om dit aan 'n plaaslike produk of kunstenaar te koppel. Dus vier Cavaillon byvoorbeeld 'n plesierige spanspekfees, Banon 'n befaamde bokmelkkaasfees, en Sète 'n musikale Brassens-fees ter ere van die groot Franse digter-sanger Georges Brassens wat daar gebore is. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.