Hoekom ons Harry Hole so liefhet

KERS IN DIE WIND

Hoekom ons Harry Hole so liefhet

Huidloos leef is ondraaglik. Dit laat jou drink, skryf DEBORAH STEINMAIR in dié liefdesbrief aan die misdaadskrywer Jo Nesbø se voosgevegte speurder en aan haar broer, Hendrik Roos, wat verlede Vrydag sy laaste mes in die geveg gegooi het.

IN Noorweegs spreek ’n mens sy naam glo ongeveer só uit: Haari Hula. Hy kuier nou vir die 12de keer op ons boekrakke – toemaar, ek gaan geen verklikkers afskiet nie. Maar wanneer daar ’n nuwe Jo Nesbø op jou bedkassie lê, wil jy uitroep soos Auden, meesterlik vertaal deur Johann de Lange: “Stop alle horlosies, trek uit die telefoon,/ maak die hond stil met ’n sappige been,/ maak toe die klaviere ...” – ons wil léés.

Harry Hole is nie jou stereotiepe cool, alkoholistiese speurder nie. Hy is morsig, hoor: Sy oë is bloedbelope, die blou irisse verbleik van drank, hy stink, hy is vol bloed en kots. Hy het ’n lang, lewerkleurige letsel van sy mondhoek na sy oor en een grys titaanvinger. Aan sy dors is daar niks poëties en aangrypends nie; dis suiwer selfvernietiging wanneer hy ontspoor en soos ’n zombie deur die strate van Oslo slinger. Hy drink om dood te drink.

Hoekom drink Harry? Stig Aune, Oslo se polisiesielkundige en een van Harry se min vriende, skryf sy alkoholisme toe aan “gewetenswroeging”. In Engels: “pangs of conscience”. Aune verduidelik: “Sommige mense kan skuld net hanteer deur hulself te straf.” In Harry se geval, meen Aune, is alkohol nie ’n toevlug nie, maar die finale selfstraf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.