Môre is wéér Mandela-dag

SOPKOMBUIS

Môre is wéér Mandela-dag

En die ander 364 dae verkieslik ook. ANNELIZE VISSER ontmoet binne een dag drie vriende van die armes, die vermoeides, die bedroefdes, die verlorenes, die ellendelinge en die haweloses, vir wie elke dag Mandela-dag is.

DIS 09:30 op die Dinsdagoggend voor Mandela-dag, en buite die veganistiese restaurant Plant in Buitenstraat, Kaapstad, staan ’n paar mans nader. Hulle het koud geslaap, maar van bo in die straat kon hulle deur die restaurantvenster sien dat die stoom al uit die soppot trek.

Pierre Lambret het sy sopkombuis minder as ’n maand gelede op die ingewing van die oomblik begin nadat hy gesien het dat Lola’s, ’n bistro in Langstraat, iets soortgelyks doen. Die eerste dag moes hy die strate invaar om mense na sy sopkombuis te nooi, maar die woord het vinnig van mond tot mond versprei, en daar is elke oggend meer honger mense op die sypaadjie buite Plant.

Die kelnerin wat die sop in papierkoppies skep, het ’n nuwe naam gekry: “Soup-Soup,” groet die mense haar wanneer hulle haar op straat raakloop...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.