Netbalkoors loop hoog ná inspirerende Proteas se sukses

OPPIE BÔL

Netbalkoors loop hoog ná inspirerende Proteas se sukses

LIRYN DE JAGER was in 2003 by die Netbalwêreldbeker in Kingston, Jamaika. Suid-Afrika kon nie hond haaraf maak nie, Norma Plummer was Australië se nuwe afrigter en Nieu-Seeland is as die kampioene gekroon. Wie sou kon raai dat die bordjies 16 jaar later só verhang sou word ...

DIE Protea-trio Ma’ Norma, kaptein Boh en onderkaptein Chits se reis na die toppunt van wêreldnetbal kon nie meer verskillend gewees het nie. Een van ’n land Doer Onder waar die pad met goud beslaan was, een van die stofstrate in ’n township waar daar daagliks tientalle kilometers te voet agter water aangeloop is, en een uit die hoofstad en hartland van Suid-Afrika.

Maar dié drie en die res van die Proteaspan het vir bykans 10 dae by die 2019-Netbalwêreldbeker in Liverpool, Engeland, iets reggekry wat nie die nasionale krieket- of sokkerspan tot dusver kon vermag nie – om vuisvoos Suid-Afrikaanse sportondersteuners weer hoop te gee dat ons wel met die grootstes en bestes van die wêreld kan saampraat. “Julle is bevange!” was die kreet op sosiale media.

Borge haal hul tjekboeke uit..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.