Vat die pad vir ʼn sloertoer al langs Roete 62

RONDRITS

Vat die pad vir ʼn sloertoer al langs Roete 62

Daar is min dinge lekkerder as ’n road trip. En daar is min roetes daarvoor lekkerder as Roete 62, Suid-Afrika se ekwivalent van die VSA se legendariese Route 66. MADELEINE BARNARD het die Klein-Karoo-gedeelte gaan herontdek, amper 20 jaar ná haar eerste ervaring van hierdie wonderlike rit.

DIS die jaar 2000. Ek en my nuwe geliefde vat albei ’n maand af by die werk en klim in sy geel drieliter- Ford Cortina met die swart dak – een wat baie gelyk het soos die Fords waarin die bankrower André Stander en sy manne rondgejaag het. Ek het hom destyds Die Piesangskil genoem. Aarde, ons was cool …

Ons het Kaapstad en Worcester en daarna die Breëriviervallei vinnig agtergelaat, die musiek wyd oopgedraai. Want dis so ’n entjie anderkant die dorp, in Cogmanskloof net neffens Montagu, waar ons vakansie werklik begin het. Op Roete 62 in die Klein-Karoo.

Roete 62 is al op ’n CNN-reisprogram beskryf as een van die tien beste padvakansies in die wêreld. En destyds, met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees nog in sy kinderskoene, was Suid-Afrika en die res van die wêreld, ons twee inkluis, nog besig om die plesiere van hierdie vreugdevolle stuk streekpad te ontdek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X