Fees van die ongeleesdes

BIBLIOMAAN

Fees van die ongeleesdes

Haar behoeftes is basies, skryf DEBORAH STEINMAIR. Daar moet te alle tye stapels ongelese boeke in haar onmiddellike omgewing wees. Na alles was haar lewe tot dusver een lang voorbereiding vir haar huidige werk.

WAT maak ’n boek sexy? Die vere maak nie die voël nie en jy kan nie ’n boek op sy baadjie takseer nie, maar natuurlik is dit die voorblad wat heel eerste vir jou flikkers gooi. En as jy soos ek ’n bibliofiel, nee, laat ek eerlik wees, bibliomáán is, sal ’n gerf bladsye in ’n goiingsak jou hartklop laat versnel.

Ek onthou as kind die verblindende vreugde van vier ongelese hardeband-biblioteekboeke op my bedkassie: Keurboslaan (die woord alleen wink en ritsel soos die wind deur bome), eenvormig gebind in iets wat soos leer lyk, donkerblou of -groen, die titels piepklein in goudkleurige hoofletters wat tekstuur het onder die vingerpunte.

Toe ek klein was, het ek gedink ’n mens moet elke boek lees wat jy teëkom. Ek probeer dit steeds doen. Vergeefs. Maar ’n mens mag probeer – dis een van die redes waarom ek nog hier rondhang. Boeke en kos...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.