Jimmy en Johnny van Matjiesfontein

KAROO-KUIERPLEK

Jimmy en Johnny van Matjiesfontein

Matjiesfontein is se eens wêreldberoemde Victoriaanse spa is in 1884 deur die vindingryke Skot Jimmy Logan gestig. ʼn Eeu of wat ná sy aankoms in die Kaap het Johnny Theunissen daar ’n verhoog vir sy musiek en stories gevind. MADELEINE BARNARD het by Johnny gaan kuier.

DIE wêreld via die N1-snelweg tussen Laingsburg en Touwsrivier is plat en droog en, sal sommige mense sê, sieldodend. Hier en daar, waar pad en treinspoor sy aan sy na Kaapstad mik, doem ’n koppie op. Vir die res is daar – soos die aangeklamde antie op die Transkaroo jare gelede vir my gesê het – “net donnerse bossies”. Dis hoekom ek ná amper vyf dekades steeds elke keer kinderlik opgewonde raak wanneer ek oor ʼn spesifieke hoogtetjie ry en dáár, in die verte, sit Matjiesfontein.

Vandat ek die eerste keer as 16-jarige langs die Matjiesfontein-stasiebord vir my ma se kamera gesmile het, ry ek nooit by dié hoteldorpie op die Groot-Karoo-plato verby nie. Danksy sy geskiedenis en sy mense.

Daar is veral twee dinge wat dit een van die lekkerste oorbly- en kuierplekke in Suid-Afrika maak: die nalatenskap van James (Jimmy) Logan, die stigter, en Johnny Theunissen, wat al 35 jaar hier werk en sorg dat mense hierdie ervaring nooit sal vergeet nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.