Jonge Bernal trap homself én Colombia in die geskiedenisboeke in

TOUR DE TRIOMF

Jonge Bernal trap homself én Colombia in die geskiedenisboeke in

Die jongste wenner van die Tour de France in 110 jaar en die eerste kampioen van Colombia het feitlik oornag ’n huishoudelike naam geword. Egan Bernal se oorwinning was egter nie net vir hóm ’n hoogtepunt nie; dit kan ook sy land as ’n fietsrynasie help vestig. Maar wie presies is hierdie jong uitblinker, en hoe het hy van ’n myndorpie na die ‘main’ man gevorder, vra JUAN SEBASTIAN SERRANO en DAMIAN McCALL.

  • 02 Augustus 2019
  • Mense & Kultuur
  • 4 min om te lees
  • artikel 22 van 33
  • Juan Sebastian Serrano en Damian McCall

TOE Egan Bernal op Sondag 28 Julie in die gesogte geel trui oor die eindstreep jaag, het hy nie net as die wenner van vanjaar se Tour de France geseëvier nie, maar ook die eerste Colombiaanse kampioen én die jongste titelhouer sedert 1909 van dié kompetisie geword.

Terwyl die son agter die Arc de Triomphe gesak het, het die 22-jarige Ineos-ryer die marathonwedren van 21 skofte en 3,409 km ’n volle 1 minuut en 10 sekondes voor die 2018-kampioen en sy spanmaat Geraint Thomas voltooi. 

Colombiaanse toeskouers het na die Champs-Élysées gestroom vir die tradisionele finale skof van agt rondtes waarin die Australiër Caleb Ewan, ook 22, koning gekraai het. Dit was Ewan se derde skofwen in vanjaar se Tour...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.