Op wraak se bloedspoor: die vergeldingskrimi kry sy dag

KATARSIS

Op wraak se bloedspoor: die vergeldingskrimi kry sy dag

Ons verlange na geregtigheid en orde lei ons na ’n fiktiewe wêreld waarin misdadigers aan die pen ry en die skuld pak waar dit hoort. JONATHAN AMID beskou drie nuwe plaaslike krimi’s – Doodsengel, Die man van Quatro en Sondes van die vaders – in die lig van misdaadfiksie se toenemende fokus op wraak, weerwraak en vergelding.

“When you begin a journey of revenge, start by digging two graves: one for your enemy, and one for yourself." – Confucius

IN 2018 het Nielsen Bookscan se data getoon dat misdaadfiksie ruweg 36% van alle boekverkope wêreldwyd uitmaak – meer as enige ander genre. Met inagneming van die snelgroeiende huishoudelike noir-subgenre, asook volgehoue goeie verkope van meer tradisionele speurverhale, allerlei ander vorms van noir (insluitende die nuutste gier, eko-noir), spioenasieverhale, geskiedkundige rillers en misdaadverhale vir die jong volwassene, verras dit nie. 

Een tendens wat wel opval, internasionaal sowel as plaaslik, is die voortdurende klem op verhale wat sterk steun op elemente van wraak, weerwraak en vergelding. Misdaadfiksie dus met die minimum vertroue in meta-narratiewe van neoliberalisme, laat kapitalisme, en vryheid, gelykheid en broederskap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.