Tolke en tussengangers: Vrae en antwoorde oor Ena Jansen se...

GESPREK

Tolke en tussengangers: Vrae en antwoorde oor Ena Jansen se Like Family

Die skrywer en redakteur SAM MATHE se ouer suster was ’n huiswerker in die 70’s en 80’s. Hy het uit dié hoek die akademikus ENA JANSEN se Like Family gelees – die nuwe weergawe van haar bekroonde boek oor stedelike huiswerkers, Soos Familie, wat in 2015 verskyn het. Hier volg hul gesprek.

  • 02 Augustus 2019
  • Mense & Kultuur
  • 19 min om te lees
  • artikel 25 van 33
  • Sam Mathe en Ena Jansen

SAM Baie dankie vir so ’n insiggewende, lywige boek. Ek het dit geweldig geniet, want dit handel oor ’n onderwerp wat na aan die harte van die meeste Suid-Afrikaners lê – swart en wit. My oudste suster was ’n huiswerker in Pretoria se voorstede in die 70’s en 80’s. Dit was dus vir my maklik om by die boek aansluiting te vind. Ek is ook bly dat van die boeke waarna verwys word, vir my bekend is, wat die narratief nog ryker en interessanter gemaak het.

Ek veronderstel dat Afrikaans die heersende taal in baie wit huishoudings in Suid-Afrika is. Gevolglik wil dit voorkom asof daar ’n ongeskrewe reël is dat swart huiswerkers ten minste ’n basiese begrip van die taal moet hê. Is daar ’n verband tussen hierdie Suid-Afrikaanse werklikheid en die besluit om die eerste uitgawe van die boek in Afrikaans te skryf?

ENA Ek het die eerste uitgawe van die boek in Afrikaans geskryf omdat ek Afrikaans is. Ek wou hê die gemeenskap wat ek die beste ken, moes die boek in hul eerste taal lees om hulle met soveel perspektiewe as moontlik op hierdie bekende maar steeds so verborge onderwerp te konfronteer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.