SO onvoorstelbaar soos 'n land sonder voëls, sê die eertydse uitgewer Frederik de Jager laas naweek, so onvoorstelbaar is 'n land en 'n letterkunde sonder Harry Kalmer vir baie van ons. Hoewel ons ook weet ons is in die minderheid, want Harry was 'n profeet wat nooit werklik deur sy eie volk geëer is nie. Die enigste groot literêre prys wat hy ooit gewen het, is deur 'n Engelse koerant aan hom toegeken vir die Engelse vertaling van 'n onbekroonde Afrikaanse roman.
Dieselfde ironiese lot tref hom in die teaterwêreld – waar hy nogtans meer tuis gevoel het as in die stormagtige teekoppie van die Afrikaanse letterkundebedryf. Die Engelse vertaling van sy (weer eens onbekroonde) laaste Afrikaanse toneelstuk, Die Bram Fischer-wals, wen 'n silver Ovation-toekenning by die Grahamstadse Nasionale Kunstefees, asook die Adelaide Tambo-prys vir menseregte in die kunste.
Harry was anders, dalk net te anders vir die Afrikaanse volk. Selfs in die uitgelese kring van Afrikaanse skrywers wat graag wil glo dat hulle anders as “die volk” is – meer oop van kop, meer verdraagsaam, minder skynheilig, minder breindood – was Harry 'n buitestander. Skaars drie maande gelede plaas hy 'n amptelike Taalwenk van ViVA (Virtuele Instituut vir Afrikaans) op Facebook: “ ’n Mens het 'n stand en 'n standpunt, en jy is 'n buitestander by 'n groep. 'n Buitestaander is 'n ding met vier pote wat buite staan.” Harry se lakonieke kommentaar: “En daar dink ek nog altyd ek is 'n buitestaander.” ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.