Die mites en mistiek in die musiek van ons land

‘OUTA IN DIE LANGPAD'

Die mites en mistiek in die musiek van ons land

Ons is ’n samelewing van gebreekte snare, en JAN HORN meen dis tyd om dié snare te herstel. Reis saam met hom in sy soeke na sielsmusiek – en hoop vir hereniging – in die klanke van die Khoi-Khoi, Klipwerf en die Kalahari.

DIS 1993. Ek staan saam met Dawid en die res van die Kruipers voor die Boesman-diorama in die Iziko Suid-Afrikaanse Museum (voorheen die Suid-Afrikaanse Natuurhistoriese Museum) in Kaapstad. Voor ons staan die lewensgrootte beeld van ’n Boesmanjagter, kompleet met !Xai-kleedstuk en pyl en boog.

Die Kruipers is hoogs opgewonde. Hier voor hulle is die afbeelding van Makai, hul grootvader wat as model gedien het vir die maak van dié beeld. Dis hul eerste besoek aan Kaapstad en hul opgewondenheid ken geen perke nie.

Hier het hulle ook nou ’n plek in die geskiedenis, soos die museumuitstallings van die Voortrekkers, die Anglo-Boereoorlog, Isandlwana, Shaka en ander kulture in ons land. Dis beslis die hoogtepunt van hul besoek aan die Kaap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.