Germaine de Staël: Daar was net een Madame van Staal

#VROUEMAAND

Germaine de Staël: Daar was net een Madame van Staal

Aan die einde van Vrouemaand soek MARITA VAN DER VYVER steeds wyd en syd na rolmodelle uit die geskiedenis – sterk, invloedryke vroue van lank gelede. Haar soektog het haar na madame De Staël se kasteel in Switserland gelei.

DAAR is tientalle sjarmante madames in die Franse geskiedenis – minnaresse van magtige mans, of kokette wat koning(in) gekraai het in gesogte literêre salonne – maar daar is net één madame De Staël. Hierdie ma van vyf kinders (by vier verskillende mans) was nie 'n madame wat jy agter elke bos uitskop nie.

Napoleon het geglo sy is gans te slim vir 'n vrou en behoort haar eerder met breiwerk besig te hou – pleks dat sy “mense wat nog nooit voorheen gedink het nie, leer dink” – en het haar ten einde raad verbied om nader as 200 km van Parys te woon.

Terwyl hy aan die bewind was, het sy 10 jaar lank met kinders en al dwarsdeur Europa en tot in Rusland geswerf, beroemde skrywers soos Goethe, Schiller en lord Byron bevriend, asook haar eie opstandige politieke salon in haar familie se kasteel naby Genève bedryf. Hier is die tafel elke dag vir 30 gaste gedek, en almal se belangrikste bedrywigheid was blykbaar om aanmekaar te gesels...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.