En hoe lyk jóú boekrak?

ELKE BOEK HET ’N RAKLEWE

En hoe lyk jóú boekrak?

ANNELIZE VISSER erken skaamteloos dat sy op ’n keer al haar Penguin-slapbande met oranje rugkante op ’n ry in een rak gepak het. Maar ses bibliofiele verklap hier dat baie, baie meer as kleur, genre, die alfabet of selfs die liefde die orde van ’n boekrak bepaal. En dat boeke gesprekke voer. Met mekaar.

DIE voormalige aktrise en deesdae kwaksalwer Gwyneth Paltrow het onlangs haar huis in Los Angeles opgeknap en tot haar ontsteltenis besef dat sy meer boekrakke het as boeke. Sy het die gapings probeer vul met troufoto’s en so aan, maar op die ou end moes die eienaar van Goop (’n webwerf vanwaar pseudo-wetenskaplike kaf ten duurste aan goedgelowige vroue verkwansel word) haar na haar 6,4 miljoen volgelinge op Instagram wend vir aanbevelings van boeke oor “mode, kos en korporatiewe kultuur”.

Die meeste van die 1,461 mense wat gereageer het, het egter kommentaar gelewer op die mooi oorpak wat sy op die foto aanhet; dus moes Gwyneth Plan B toe maar uitrol en ’n persoonlike “boekkurator” aanstel. 

Thatcher Wine (hy sweer dis sy regte naam) was net die man vir die uur – 'n bibliofiel-aan-die-sterre wat jou boekversameling in die Pantone-kleur van jou keuse kan oortrek of, as jy nie ’n versameling het nie, een kan verskaf teen net meer as $1,000 per meter. Ja, per meter. In ’n kleur wat by jou gordyne pas...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.