Vermetel, onbeskimmeld en onbeskaamd

DIT WEMEL VAN WINDBUKSE

Vermetel, onbeskimmeld en onbeskaamd

Van ons plaaslike stel windmakerige blaaskake tot Amerika se oranje blob en die Britse mopkop is ons uitgelewer aan ’n verbluffende klomp bekpraters. DEBORAH STEINMAIR vat hulle vas.

EK wou in die doodsnikke van vrouemaand hier ’n referaatjie lewer oor die uitbeelding van geweld teen vroue in Afrikaanse misdaadfiksie. Maar êrens het ’n diep moedeloosheid my oorrompel en lamgelê, miskien toe ek teen ’n lamppaal lees van nóg ’n vrou wat opgesny en in swart sakke gestop is.

Ek skryf eerder oor vermetelheid. Onbeskaamdheid. Die Engelse woord is lekker speels: “Cheek". Daar is ook die meer formele “impudence", “insolence" en “audacity", onder meer. In Duits: “Frechheit". Frans: “l’audace".

Ons land wemel van vermetele vente, maar die vermetelste onder die onbeskaamdes is sekerlik Julius Malema, noudat Jacob Gedleyihlekisa (Hê-hê-hê) Zuma terug is na sy vuurpoel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.