Die baba van Saak 15768 van 1996

TEATER

Die baba van Saak 15768 van 1996

Die jong dramaturg HERSCHELLE BENJAMIN se bekroonde toneelstuk In Slavenhuis 39 word die komende week in die Kunstekaap-Arena opgevoer. Hier skryf hy waarom hy hierdie storie wou vertel, en gee ’n monoloog uit die teks.

Nathan: “My hele lewe lank was ek gelieg voor. Oor als. Oor wie my… oor wie my ma was... en wie my pa was… En wie ek eintlik is. Ma’ daai wiet julle almal mos klaar. Die punt is… Ek is nie net nog een nie. Ek is nie net nog ’n dude van Bellville nie. Wiet djy wie is ek? Hosh! Skangaga! Ek… Ek issie klong van daai jong. Hosh, stiek uit! Jou vark. Hoekom is julle nou so stil ha? Ken jy nie vir my so nie? Is julle bang? Ek vra, is julle bang? Julle naaiers!

        Ek is die klong van Dimitri. Dimitri die Lordt. Die lordt oppie flats. Daais wie ek is. Sy prinsie. Die baba van Saak 15768 in Hooggeregshoof van 1996. Die staat teen Dimitri Swartz. Die baba uit rape. ’n Product van rape en drugs en geweld… Daais ek. Daais my DNA. Julle wiet mos. Allie pad. Julle dink ’n mens kan net vergiet en aanbeweeg en maak asof die wereld ’n happy-go-lucky plek is. Sien … Ek het altyd gewonder. Toe ek nog klein was. Hoekom is da innie aande ’n Blou Skyliner wat buite ons huis geparkeer is. Elke aand vir die res van my kinderdae.

        Ek het my ma gevra maar hulle het gesê ek verbeel vir my. Alliepad was daai my pa se manne… Kyk agter die prins! By sport wedstryde, toekenningsaande… Hulle was daar. Agter. Ek wou dit net vergeet … Ek wou net aanbeweeg en maak asof ek net nog ’n fucked-up coloured laaitie is wat gaan try om ’n way te vind in die lewe … in die land. Ma’ hoe kon ek? AS ALMAL DIE HELE TYD VIR MY LIEG!..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.