Ry die angs jou? In SA is jy beslis nie alleen nie

GOGGA MAAK VIR BABA BANG

Ry die angs jou? In SA is jy beslis nie alleen nie

Angsversteuring is die algemeenste geestesiekte in Suid-Afrika. Een uit elke vyf Suid-Afrikaners skrik snags wakker met ’n angsalarm wat loei, of word helder oordag aan die keel gegryp deur vae vrese. MICHÈLE MEYER wil weet hoekom.

MYNE wag tot goed verby nanag.

Dis nie ’n stadige bewuswording van wakkerwees nie. Meer ’n dawering in die hartkamers; 'n skrik wat vassteek in die keel. Oë wyd oop soos dié van 'n Botox-bekeerling – ek sweer ek sien in die stikdonker nag. Gedagtes tik op die maat van my kardio-metronoom, donder in my binne-oorkanale en griffel hulself in my korteks.

My slim sielkundige beveel aan dat ek ’n notaboek op die bedkassie hou, onthoue daarin neerpen. Met die nagskrik-lysie uit my kop – leesbaar op papier – klik dit soms die metronoom af. Ek haal stadiger asem, draai op my sy en vergeet van die pole wat smelt. Die rand wat in sy moer is. Ace se adderlikheid. Of nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.