Gaan reis gerus alleen

SOLO-REIS

Gaan reis gerus alleen

Eet, bly, draf – of doen net wat jy wil. Maar probeer ten minste een keer op jou eie reis, skryf BIBI SLIPPERS uit Zanzibar. Want hoekom op aarde nie?

VROEG in September sien ek op Instagram dat dit mooitjies 16 jaar gelede is dat die skrywer Elizabeth Gilbert, toe vars geskei, op ’n vliegtuig geklim het om in Italië, Indië en Bali te gaan eet, bid en liefhê. Haar memoires oor die soloreis, Eat, Pray, Love, het in 2006 verskyn en was ’n wegholsukses – só gewild dat almal se gunsteling-Pretty Woman, Julia Roberts, in 2010 die rol van Liz Gilbert in die rolprentweergawe gespeel het.

Kort op die hakke van dié vertelling oor ’n lewensveranderende alleenreis volg die topverkoper Wild: From Lost to Found on the Pacific Crest Trail deur Cheryl Strayed, in 2012. Wikipedia waarsku: “Wild is not to be confused with Into the Wild,” John Krakauer se niefiksieboek wat in 1996 uitgegee is oor die verhaal van Christopher McCandless se solotog die wildernis in.

Strayed se storie is uitmergelend (dink ernstige blase op die voete), maar soos Gilbert s’n, is dit uiteindelik ’n verhaal van transformasie en selfontdekking (en ’n rolprent met Reese Witherspoon en ’n gelukkige einde). McCandless se storie (en die rolprent met Emile Hirsch) eindig in tragedie: McCandless eet per ongeluk giftige plantsade wat veroorsaak dat hy van die honger doodgaan, en teen die einde kom hy stoksielalleen in ’n verroeste ou bus in Alaska tot die insig dat geluk net ’n werklikheid is as dit gedeel kan word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.