Optog in die land van verdriet en vroulike wonde

ONS STAMEL EN STRUIKEL

Optog in die land van verdriet en vroulike wonde

HENK SERFONTEIN het homself by duisende vroue, geklee in swart, aangesluit, om te betoog teen geslagsgeweld teen vroue – daar skuins oorkant die St. Mary-katedraal in Roelandstraat waar die skilder Maud Sumner se Stations of the Cross-reeks hang ...

ROELANDSTRAAT is 'n plek wat ek goed ken. Dis 'n straat met 'n brandweerstasie aan die een kant en op sy eindpunt 'n beeld van 'n eersteminister op 'n perd, Louis Botha wat voor die parlement “wagstaan”. Daar is ook 'n drankwinkel wat tot so ’n paar jaar saans in sy venster in neon die woord “BILTONG" uitgespel het. Dit het aan- en afgeflits soos die sirenes van 'n vangwa.

Skuins oorkant die parlement is daar die St. Mary-katedraal oftewel die Cathedral of Our Lady of the Flight into Egypt. Binne hang 'n reeks skilderye, Stations of the Cross, wat Maud Sumner in 1961 geskilder het. Die dag van Jesus se kruisiging word geskilder in onder meer “Jesus falls for the first time", “Jesus is stripped from his garments", “Jesus is made to carry his cross", “Jesus is condemned to death", “Jesus is Crucified" en “Jesus is taken down from the cross".

Op die skildery waarin Jesus gedwing word om van sy klere ontslae te raak, kan die kyker die bloedwonde teen sy rug sien. Dit laat my sidder, want dit lyk amper soos meswonde in Manenberg wat ek al op foto's van persfotograwe gesien het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X