50 lewenslesse op 50

GENIET ELKE SONSONDERGANG ASOF DT JOU LAASTE IS

50 lewenslesse op 50

HANNELIE BOOYENS vier haar 50ste saam met die maanlanding, die Woodstock-fees wat die hippie-era as’t ware ingelui het en die Stonewall-opstande in New York wat stu-krag gegee het aan die stryd om gayregte in Amerika. Boonop het Hannelie vanjaar presies die helfte van haar lewe in 'n demokratiese Suid-Afrika deurgebring. Om alles nog meer gelade te maak, het sy vroeg vanjaar die diagnose gekry dat sy dieselfde ongeneeslike motorneuronsiekte het waaraan Joost van der Westhuizen dood is. Hier deel sy lesse wat sy oor vyf dekades geleer het.

DIS seker normaal om 'n eksistensiële krisis te beleef rondom die viering van jou vyfde dekade, veral as jy jou opwagting gemaak het op 13 November in die Somer van ’69, wat beteken dat jy onder die berugte Skerpioen-sterreteken val en boonop elke paar jaar op Vrydag die 13de verjaar – 'n goeie verskoning om jou fiksasie met seks en dood te verklaar en jou vyande te oortuig dat jy in der waarheid 'n heks is.

Hoe dit ook al sy, 50 is tradisioneel die ouderdom waarop vroue van my demografie in Suid-Afrika 'n middeljarekrisis besweer deur vir 'n derde keer Botox te kry of by die Glam Guru te gaan aanklop vir 'n make-over. Of maak soos een van my vriendinne wat man en kinders met 'n vrieskas vol kits-etes tuis gelaat het om soos Shirley Valentine 'n kookkursus in Toskane te gaan doen.

My manier van cope met die Groot 50 – én die swaard van 'n terminale siekte oor my kop – was om verbete te begin skryf. Ek wou voor ek lepel in die dak steek vir die jongmense in my lewe insigte nalaat om sin te maak van die chaotiese tyd waarin ons leef...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.