Fiela se kind en die vele riviere van Heraklitus

30 JAAR LATER

Fiela se kind en die vele riviere van Heraklitus

Ná afloop van die eerste vertoning van die nuwe rolprentweergawe van Daleen Matthee se Fiela se kind by die Silwerskermfees in Kaapstad het ’n lewendige debat ontstaan rondom die groot vraag: Is ’n nuwe Fiela-fliek werklik nodig? BIBI SLIPPERS probeer antwoorde vind.

EK probeer my indink hoe Heraklitus oor die nuwe rolprentweergawe van Fiela se kind sou skryf, was hy maar ’n 21ste-eeuse fliekresensent en nie ’n pre-Sokratiese Griekse filosoof nie. Dis mos hy wat gesê het: Geen mens loop twee keer in dieselfde rivier nie, want dit is nie dieselfde rivier nie, en jy is nie dieselfde mens nie.

ʼn Mens kan ook nie twee keer dieselfde fliek maak, of eens twee keer dieselfde fliek kyk nie (wat nog te sê drie keer), want die wêreld verander vinniger as wat jy dink, en jy self is vandag ’n ander mens as gister, as eergister, as ’n paar weke gelede toe die nuwe Fiela se kind vir die eerste maal by die Silwerskermfees vertoon is.

Ná daardie vertoning het die fliek my nie heeltemal oortuig nie; ek kon nie help om dié tree in die rivier te vergelyk met die rivier waarin ek byna 30 jaar gelede geloop het nie. Uit die driftige debat ná die Silwerskerm-première het dit geblyk dat ek nie alleen is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.