Welgevonden, welopgevoed, welklinkend en welsprekend: blink...

DIE BRUID VAN BOEKE

Welgevonden, welopgevoed, welklinkend en welsprekend: blink boekpaarties en -pryse

Jy staan rond en dit voel asof jy die wynglas in jou hand van stres gaan stukkend druk en die skerwe in jou hand vasklem tot die bloed teen jou elmboog afloop; dit alles terwyl jy innemend en sosiaal aanvaarbaar bly glimlag, skryf DEBORAH STEINMAIR.

SELFS al is jy bevoorreg kén jy dit waarskynlik: daardie oomblik wanneer jy sosiaal gepootjie voel, op die verkeerde voet betrap, soos ’n eend wat in ’n vreemde dam beland het en vervaard watertrap.

My eerste smaak daarvan was toe my ma dit goedgedink het om my tydens ’n vakansiekuier as dagbesoeker by ’n kleuterskool in Potgietersrus af te laai. Toe dit tyd word vir speel, hardloop ek en gryp ’n fietsie. Net om daarop gewys te word dat dit Griétjie se fiets is. Ja, die regulars het hul eie fietsies gehad. En ek het alleen in die sandput gesit en huil.

Ek onthou daardie eerste galbitter smaak van onregverdigheid, buitestanderskap. En die pienk snesie wat gereduseer was tot sanderige, snotterige slierte...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.