Die klanke van Suid-Afrika: Soos lagies in die driebeenpot

LAAT ONS DANS

Die klanke van Suid-Afrika: Soos lagies in die driebeenpot

Het ons ’n gedeelde Suid-Afrikaanse erfenis? Ja, ons gedeelde erfenis lê in ons potjiekos van kulture, besluit JAN HORN, nadat hy sy herinneringe van die riel, konsertinaspelers, die townshipklank van die penniefluitjie, Kaapse Klopse en Afrikaanse volkspele afgestof het.

SATERDAG het ek die Bokke en die All Blacks se kragmeting saam met ’n skare mense voor ’n grootskerm-TV gesien. Ons was ’n mengelmoes van alle kleure en kulture, mans en vrouens, kinders en kleingoed. Groen en goud het trots gepryk op boesems en boepe.

Toe die volkslied begin speel staan die mense soos een man op – wel, mans én vroue, ek moet genderkorrek wees – en trek weg met Nkosi dat die kranse antwoord gee nog lank voor ons Die Stem verhef het. Nie ’n geteem nie maar ’n heerlike, magtige dreuning van mense wat uit volle bors sing. Sing soos net ons Suid-Afrikaners kan sing! Dit was nou lekker.

Toe ons klaar verloor het, gaan drink ons ’n koue enetjie of twee. As ons wen dan drink ons op ’n wen. As ons verloor, dan drink ons ook daarop want die punte was net teen ons...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X