Herschel Jantjies se lang pad van Kylemore tot by die Wêreldbeker

RUGBY

Herschel Jantjies se lang pad van Kylemore tot by die Wêreldbeker

Die Springbok-skrumskakel se pad uit Kylemore tot waar hy vandag is, was lank en moeilik, maar sy ouers en die inwoners van dié klein dorpie in die Wes-Kaap was heelpad agter hom, skryf SIBUSISO MJIKELISO.

  • 27 September 2019
  • Mense & Kultuur
  • 9 min om te lees
  • artikel 14 van 29
  • SIBUSISO MJIKELISO

IN die paar weke voordat Herschel Jantjies in Junie sy verrassende debuut vir die Springbokke teen Australië  op Ellispark gemaak het, het sy familie die mees Kylemore-ding wat enigeen van Kylemore nog ooit gedoen het, gedoen: Hulle het ’n Quantum propvol gepak met vriende en familie van die dorpie, net buite Stellenbosch, en padkos gelaai vir die lang tog na Johannesburg – 16 ure op die pad. 

Sy pa, Sammy (55), sy ma, Adeline (48), en die jongste van hul twee seuns, Sammy-Jo, het besluit om nee te sê vir die eersteklas-vliegkaartjie wat hulle heeltemal verniet sou kry omdat hul kind vir die Bokke uitgedraf het. Maar die warm gemeenskapsbande wat Kylemore bind, was te sterk vir hulle om die tog alleen aan te pak. Hulle moes eenvoudig ’n paar bure en familielede saamvat. 

“Dit was ’n fantastiese ondervinding," het Sammy Jantjies aan New Frame (https://www.newframe.com/herschel-jantjies-journey-to-world-rugby-stardom/) gesê. “Die atmosfeer in die stadium was onverbeterlik. Dit was ons eerste keer by Ellispark en van die mense wat om ons gesit het, het nie geweet ons is Herschel se ouers nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.