Jana Cilliers en die Loch Ness van Emmarentia

OM TE BEGIN

Jana Cilliers en die Loch Ness van Emmarentia

Jana Cilliers is terug op die verhoog by Aardklop in die rol van ’n skrywer wat sukkel om ’n lewe in woorde vas te vang. Maar eers gaan sy dit vir BIBI SLIPPERS onmoontlik maak om oor haar te skryf.

“DIE woord het maar ’n tekort. Daar’s ’n gemis aan hom. Die spasies tussen die woorde – dis maar waar die dinge lê, meer as wat die woord vervat.”

Met hierdie woorde maak Jana Cilliers dit onmoontlik om ’n profiel oor haar te skryf. (Wat ’n verligting! Geen druk om ’n ikoniese aktrise méns te maak vir die leser en iets van haar gees in ’n geskribbel te probeer vasvang as sy self meen dis onmoontlik nie.)

Jana is aan die gesels oor Wessel Pretorius se toneelstuk Wilde-als en haar karakter, die skrywer Hilde Kraus, se uitmergelende proses om haar eie lewe as fiksie op te dis in haar finale roman. In die openingstoneel van Wilde-als, wat op Erfenisdag by die Aardklop-kunstefees op Potchefstroom geopen het, lê Hilde en slaap met haar kop op haar lessenaar tussen die opdrifsels van haar manuskrip en ’n koppie koffie wat lanklaas warm was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.