Japan-reisnotas 1: Voltyds Japanner!

WÊRELDBEKER-RUGBY

Japan-reisnotas 1: Voltyds Japanner!

Met die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat onlangs afgeskop het, deel ERNS GRUNDLING, wat tans weer Japan besoek, oor die volgende vier weke sy reisnotas uit die Land van die Opkomende Son.

DONDERDAG 19 September: “Mmm, ’n stuk steak sal darem nóú lekker wees...” Nie die eerste woorde – in Afrikaans nogal – wat jy verwag om te hoor in die ry by doeane op Tokio se Haneda-lughawe nie. Maar hierdie is ongewone omstandighede.

Die Rugbywêreldbekertoernooi begin môre. Baie Suid-Afrikaners het vir omtrent 24 uur en met ten minste twee langafstandvlugte gereis om die Springbokke se eerste groepwedstryd Saterdag teen die All Blacks in Jokohama te kom kyk.

Verskeie ondersteuners het slegs vir hierdie één wedstryd na Japan gevlieg. Party begin al Sondag of Maandag die lang terugtog na Suid-Afrika... ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.