Beste Dina Dikstert, luister nou mooi …

HELP, HENRIETTA

Beste Dina Dikstert, luister nou mooi …

Soet is een te veel vir ’n leser wat haarself Dina Dikstert noem, terwyl Vals Akkoord dekades later steeds bitter is oor haar skuldlastige pa haar klavier onder haar neus verkoop het. HENRIETTA raas en troos om die beurt.

Help, Henrietta! Ek en my man is nou al amper twee dekades saam. Ons is nie een bogemiddeld sportief van aard nie en trek albei diep die middeljare in. Ons het ook albei ’n verpestelike voorliefde vir soetgoed, en soos almal weet, is soetgoed en die middeljare ’n resep vir ’n broeiende ramp.

Hy is nie juis vreeslik gepla oor sy “middle-age spread” nie, maar myne pla my verskriklik. Omdat ek so geweldig sukkel met selfbeheersing as dit by lekkernye kom, verkies ek om dit glad nie in die huis aan te hou nie. Want as dit daar is, maak ek korte mette daarmee.

Bring vir my ’n plak sjokolade en jy sien net blink papiertjies dwarrel soos ek weglê. Koop ’n bak roomys en ek ploeg daardeur soos ’n boer deur ’n mielieland...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.