‘Magtig, Ous Lien, dié brood is geld werd.’

‘ROOSTERBROOD’-KONINGIN

‘Magtig, Ous Lien, dié brood is geld werd.’

In Laingsburg se stofstrate soek MADELEIN BARNARD lank en hard na Antie Poppie, die dorp se jetsetter-roosterkoekbakker wie se naam tot oor die water loop.

LAINGSBURG is nie juis 'n dorp wat mens met rooskleurige gedagtes vul nie. Vir die meeste mense is dit 'n deurrydorp of 'n koffiestop op daardie eindelose stuk pad tussen Touwsrivier en Beaufort-Wes. En 'n plek wat ironies genoeg herinner aan 'n vloed – twee-derdes van hierdie stofdroë Karoodorp is in 1981 verwoes toe 'n massiewe vloed die Buffelsrivier deur die dorp laat beur het. Altesaam 104 mense is dood.

Vir my het Laingsburg ander donker herinneringe. As agtjarige was ek een van die insittendes in 'n klein geel Volla wat net buite die dorp deur 'n kruiswind die lug ingeslinger en stukkend in die veld gelaat is.

Ek onthou nog hoe die agtersitplek op my afgeslaan het, die getol, mense wat aangehardloop kom, my bewende ma met 'n bloeiende sny op haar voorarm. En die hotel – so 'n lange op die hoofstraat – waar ons daardie aand oornag het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.