Japan-reisnotas IV: Die stilte ná die storm

NIPPON!

Japan-reisnotas IV: Die stilte ná die storm

In sy laaste aflewering reisnotas uit Japan skryf ERNS GRUNDLING oor die ongelooflike atmosfeer by Japan se laaste groepwedstryd teen Skotland. En die skrikwekkende tifoon Hagibis wat die enorme Tokio-metropool ’n dag tevore tot stilstand gedwing het.

DIT is Sondagaand, 13 Oktober. Ek en Catharien sit skuins agter die pale in die Yokahama Internasionale Stadion. Ons laaste aand in Japan, ná byna ’n maand se reis en vele avonture, het aangebreek.

Die stadion is stampvol. Ek sien byna nét rugbytruie met rooi en wit strepe. Japan se Brave Blossoms is die wêreld se nuwe lieflingspan met hulle vreeslose, aanvallende spel en dapper verdediging. Ek dra ’n Japanse trui met trots. Vanaand speel die Skotte nie net teen 15 klipharde manne op die veld nie, maar ook teen ’n stuk of 65,000 begeesterde toeskouers.

Die skare klap ritmies hande – drie keer op ’n slag en skreeu dan: “Nippon!” (Dit is hoe jy Japan in Japannees sê.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.