Flamingo bied hoop wanneer borskanker dreig om dit weg te vat

GESONDHEID

Flamingo bied hoop wanneer borskanker dreig om dit weg te vat

Deur die chirurg dr. Liana Roodt se leierskap en die Flamingo-projek sal meer as 600 vroue met borskanker teen die einde van die jaar al die nodige operasies ontvang het. ELSABÉ BRITS het by haar gaan kuier.

DIT is kliniekdag by Groote Schuur-hospitaal se buitepasiënte-afdeling en 130 mense sit en wag. Onder hulle is bloedjong, middeljarige en bejaarde vroue wat wag op ’n afspraak om hul borste te laat ondersoek. Sommige se man of vriende het saamgekom. Dogters hou hul bejaarde ma’s se hand vas om hulle te help hoop. Vrees is die grootste gemene deler.

Liana Roodt, Francois Malherbe en nog vyf dokters is aan diens en sal sorg dat elk van hierdie bekommerde pasiënte ondersoek word. Mediese studente staan by om te leer.

“Dit voel vir my of my liggaam besig is om my bors te verwerp,” sê ’n vrou vir Roodt. Sy ervaar ongemak en stres. Roodt stry nie met haar nie – sy verstaan haar angs en stel haar gerus.  Dié pasiënt het nie kanker nie, wel ’n niekwaadaardige groeisel, ’n fibro-adenoom, wat heel algemeen voorkom. Roodt reël dadelik ’n datum waarop dit verwyder kan word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.