Om te leer mediteer maak seer

OMMM …

Om te leer mediteer maak seer

’n Meditasiekursus is nie ’n retreat nie, skryf BIBI SLIPPERS ná 10 swaar dae van stilsit en stilte. Dit bied glo ’n weg uit die ellende, maar om langs dié weg te leer loop, voel nogal baie soos ellende.

“MISERY is the river of the world,” sing Tom Waits mos, en op die Woensdagmiddag waarop ek Worcester toe ry vir ’n 10 dag lange meditasie-retreat, staan die sytak van dié rivier waarin ek my bevind (die een waarin verkeer uit Kaapstad moet vloei) stil. Doodstil.

Ek is haastig, want ek is reeds laat, en ek is geïrriteerd, want ek is nog nie gereed vir stilsit nie. Ek wou die uur of wat in die kar op pad na die Dhamma Pataka Vipassana-sentrum gebruik om my, teen 120 km/h, op die stilsit voor te berei. En op die stilte.

Want vir die stilte is ek bang. Daar is ’n hol kol op my maag oor die vooruitsig om vir 10 dae nie ’n woord te mag sê nie, om niemand anders te hoor praat nie, en om sonder ’n foon, rekenaar of notaboek te wees. ’n Mens weet mos dat jy in die stilte jou eie kop gaan hoor raas, maar jy weet nooit of jy gereed gaan wees om daardie kakofonie te konfronteer nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X