Karoo-sjarme is die Richmond-magneet

BOEKHEMEL

Karoo-sjarme is die Richmond-magneet

Ry ’n keer Richmond in die Noord-Kaap raak, skryf MICHÈLE MEYER. Dis veel meer as bloot ’n blitsige brandstof-stop in die Karoo: dis 'n boekdorp – die eerste en enigste in die land – wat jaarliks 'n Boekbedonnerd-fees hou, en die tuiste van 'n verstommende kunsversameling waarvoor jy nie 'n kaartjie nodig het nie.

DIS ’n goeie agt uur se ry uit Pretoria hierheen. So 20 km voor die dorp lê die laaste baken. Reuse- rooi vlae van die Karoo-padstal wuif regs van die pad. Jy ry net verby as jy ’n haastige ambulansbestuurder is, want hier wag moskonfyt, olyfolie, die héél beste lamspasteie, selfs wyn uit Prieska.

Ons neem die ingang dorp toe by die Caltex-vulstasie, ry die draai tot in Loopstraat, die hoofstraat. By die afpak ruik fyn Karoo-poeier op die kattebak na middagson en bossies. Dan eers ’n ruk lê in die melkwit kamer wat die flitsprentjies in jou kop van ’n dag op die teer laat afwen. Later ’n glas wyn terwyl daar gestoepsit word, met ’n uitkyk oor Loopstraat se dinge.

Oorkant die straat is Stoepstories. Dié boekhemel is ’n doolhof van 17 vertrekke vol tweedehandse (soms sekerlik meerderhandse) boeke. Ek sien al maande lank uit na ’n Stoepstorie-snuffel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.