Die muur het lank reeds geval, maar eenheid ontwyk steeds die Duitsers

VERDEELDE LAND

Die muur het lank reeds geval, maar eenheid ontwyk steeds die Duitsers

Die val van die Berlynse muur 30 jaar gelede word op 9 November in Duitsland gevier. ANLI SERFONTEIN kyk terug na dié gebeurtenis wat die wêreld verander het.

  • 08 November 2019
  • Mense & Kultuur
  • 15 min om te lees
  • artikel 23 van 31
  • Anli Serfontein

EK was in Namibië toe die Berlynse muur val. Dit was ten tyde van dié land se eerste vrye en demokratiese verkiesing.

Namibië was 'n groot storie en ek sou twee weke weg wees om verslaggewing te doen vir 'n Amerikaanse TV-netwerk. Ná net drie dae, die Vrydagoggend nadat die muur geval het, het ons almal teruggekeer. Ons was van die lug af: die belangrikste oomblik in die na-oorlogse geskiedenis het ons van die TV-skerms afgevee. Ons het geweet die wêreld is besig om vinnig te verander.

Tien jaar later het ek vir die BBC hier in Berlyn gewerk, en een van my take was onder meer om te soek na die mense wat daardie aand die  eerstes was wat deur die Bornholmerstraat-grenspos geloop het Weste toe. Ek het hulle opgespoor...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.