Hokaai, wewenaar, daar’s te veel pyle in jou koker

HELP, HENRIETTA

Hokaai, wewenaar, daar’s te veel pyle in jou koker

HENRIETTA lees die leviete voor vir ’n vryerige wewenaar sonder brieke, en gee raad vir wanneer jy met ’n rassis rondom die braaivleisvuur slaags raak.

Help, Henrietta! Ek is ’n wewenaar in my laat veertigs met ’n seun van 15 en ’n dogter in matriek. Ek het onlangs weer met vroue begin uitgaan en my kinders wil die stuipe kry.

Ek verstaan dat hulle dit moeilik vind dat hul ma deur iemand nuut “vervang” word, maar ek is eensaam en voel die tyd het aangebreek om aan te beweeg. Ek glo nie daaraan dat ’n ouer sy of haar privaat lewe moet uitstel totdat die kinders uit die huis is nie. Ek ken verskeie enkelvroue wat hierdie keuse gemaak het (hul kinders bo alles anders geprioritiseer), maar ek dink nie dis die regte keuse vir my nie.

My kinders is geweldig krities oor elke vrou wat ek na ons huis toe bring. Die eerste vrou wat hier gekuier het, het hulle onmiddellik afgemaak as ’n “loser” met wie hulle niks te doen wou hê nie. Die tweede was glo ’n ewe groot verleentheid. Hulle optrede rondom enige toekomstige maat is passief-aggressief. Wat nog erger is, is dat my meisies dikwels in ’n soort kompetisie met my kinders betrokke raak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.