Ivor Price: Ek is spyt ek het nie my ouma teruggebel die...

15 VRAE IN 5 MINUTE

Ivor Price: Ek is spyt ek het nie my ouma teruggebel die aand voor haar dood nie

Hy leef nie vir enigiemand se applous nie, sê IVOR PRICE, en hy is bereid om alleen in die bokskryt te staan vir ’n saak waarin hy glo. Dié skrywer, televisiepersoonlikheid en stigter van die media-onderneming FoodForMzansi.co.za se eerste boek (saam met Kobus Louwrens), For the Love of the Land, is nou op die rak.

WAT was tot dusver jou vreugdevolste oomblik? Noudat ek daaraan dink, was my lewe nog altyd vol uitstaanoomblikke. Daar is egter min dinge so bevredigend soos om die eerste kopie van jou eerste boek in jou hande vas te hou. Van al die dinge wat ek doen – TV, radio en my eie media-onderneming – verbeel ek my mos dat ek eerstens ’n skrywer is.

For the Love of the Land, wat ek en my kollega en vriend Kobus Louwrens saamgestel het, het pas die rakke getref. Dit is ’n eerbetoning aan 30 boere wie se name jy nie sommer elders sal raaklees nie, soos Wadea Jappie, ’n eierboer op die Kaapse Vlakte, en die 90-jarige Nokamile Mazosiwe, wat al dekades op Ngcobo ’n sukkelbestaan as tabakboer maak. Te midde van die smerige gronddebat, droogtes en dwarsklappe kyk hulle vorentoe.

Wat beskou jy as jou grootste deug? Miskien die feit dat ek nie ’n tropdier is nie. Ek leef nie vir enigiemand se applous nie, en ek huiwer nie om ’n ding op sy kop te keer as dit nie lekker in my gemoed sit nie. Ek is bereid om alleen in die bokskryt te staan vir ’n saak waarin ek glo – al maak dit sommige mense ongemaklik en vies. My besluite word ook nie beïnvloed deur die impak wat dit op my bankbalans kan hê nie. Ek kom uit ’n familie van stryders wat eerder die kat op die stoof sal sit as om ’n ja-broer te wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.