Hou dagboek, hou moed!

PADKAART NA JOU DOELWITTE

Hou dagboek, hou moed!

ALETTA LINTVELT is behep met ’n nuwe metode van dagboek hou wat jou in staat stel om die verlede te verstaan, die onmiddellike te organiseer en die toekoms te beplan. Al wat jy vir jou Bullet Journal nodig het, is pen en papier.

DIE afgelope dekade was my slimfoon die eerste ding waarna ek soggens my hand uitgesteek het. Die probleem is dat die foon ondanks sy slimheid my ook angstig gemaak het en dalk nie beter georganiseerd nie.

Sit ek hom aan om na my meditasie-app te luister, herinner my kalender-app my aan al die spertye wat daardie dag op my wag. En terwyl ek tandeborsel, flikker die rooi oog onheilspellend oor boodskappe, rekeninge en afsprake.

Langs die koffiemasjien druk ek “ignore” op die herinnering dat ek nou by my jogaklas moet wees en 2 liter water moet drink. Intussen loer ek ook na artikels en sosiale media en “screenshot” ek my duim moeg. Alles in die waan dat ek sal terugkeer na wat ek ook al so naarstigtelik wil onthou. My brein dink blykbaar om op dié manier deur die vloed van stimulasie te swem op sig self ’n produktiewe aktiwiteit is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.