’n Boeiende mark vir wraak, woede, waagmoed, politiek en patos
FOTO-ESSAY

Kunste Onbeperk se jaarlikse Teksmark bied aan teaterskrywers die geleentheid om hul skryfspiere te oefen en hul werk te sien lewend word. Daaruit vloei ook visuele beeldmateriaal wat jou tussen die oë tref. Hier lewer die drama- en teaterstudiestudent MERCY KANNEMEYER kommentaar op NARDUS ENGELBRECHT se foto’s.
EK leen graag hierdie aanhaling by die skrywer Shannon L. Alder wat sê: “Every writer dreams about the day they can step into their fiction and wander its hallways.” Dis presies wat Teksmark bied – ’n geleentheid aan skrywers om hul fiksie te betree en gehore op reis te neem deur die gange van hul stories.
In 2019 is Teksmark in sy vierde bestaansjaar. Die doel is om nuwe Suid-Afrikaanse tekste vir die verhoog te ontwikkel, en alle tale en stories is welkom. Tydens hierdie geleentheid word uittreksels van 10 minute elk opgevoer, en voorgelê aan borge of kunstefeeste met die oog op verdere ontwikkeling. Hoewel dit laat in die jaar plaasvind, voel dit asof teaterliefhebbers ’n vars inspuiting kry van dit wat in die volgende jaar in teaters beleef kan word.
Van die toneelstukke wat al uit hierdie projek ontstaan het, is Amee Lekas se Dans van die watermeid, Wessel Pretorius se Wilde-als, Bauke Snyman se Swerfgoed, en Marina Albertyn se Melk en vleis. Die Fleur du Cap-teaterpryse het in 2018 die Teksmark vereer met ’n spesiale prys vir vernuwing...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Mercy Kannemeyer
RubriekskrywerMercy Kannemeyer is 'n skrywer, regisseur, teatermaker, produksiebestuurder en meningsvormer. Sy het drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch studeer, en woon deesdae in Johannesburg.