Help, daar is ’n millenniër op my rusbank!

HELP, HENRIETTA

Help, daar is ’n millenniër op my rusbank!

’n Leser vra raad oor staatskole wat riglyne oor godsdiens in skole verontagsaam, en HENRIETTA het ’n plan vir lui kuikens wat nie uit die nes wil padgee nie.

Help, Henrietta! My kinders se Afrikaanse staatskole gaan steeds lustig voort om die Christelike geloof by elke moontlike geleentheid te verkondig en te bevorder. Hulle steur hulle eenvoudig nie aan die Grondwet of die baie duidelike riglyne van die departement van onderwys nie.

Elke jaar wals my kind op laerskool saam met die res van die skool na die naaste NG kerk (nogal) om “Hemelvaart" te vier asof dit steeds 'n openbare vakansiedag is. Almal moet maar saampiekel; die ouers se toestemming word nie eens gevra nie.

My kind op hoërskool se lewenswetenskappe-onderwyser (!) het een of ander karakter van “Creation Ministries” gekry om met al die graad 11's wat die vak neem te kom praat oor hoekom evolusie onwaar is. Die kinders is gewaarsku dat hulle oral die valse evolusieleer gaan teëkom, maar dat hulle dit nie moet glo nie. Van kritiese wetenskapsbeoefening is daar nie die geringste sprake nie. Ek wil dit nie waag om openlik te kla nie, want ek weet die skole sal dan dinge ondraaglik maak vir my kinders én vir my. Hoe gemaak?
Andries..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.